Notes


Matches 1 to 32 of 32

     

 #   Notes   Linked to 
1 (of Lorenz) v. Wedderstedt in die
Graafskap Mansfeld, wadrywer 1734-1749, hout en dekgraskapper,
1751-1785 opsigter van die pos te Riviersonderend 
LOURENS, Johann Martin (I4726)
 
2 21 Maart 2019.
Baie dankie vir almal wat saam met ons gebid het. Klein Luca was vir sy finale checkup en alles is 100%. Ons dank die Here dat hy hom gesond gemaak het.

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dit was een van daai dae. Boeties byt mekaar. Sussie moet nou dadelik die kryte kry wat sy eers volgende week nodig het. So durf ek en ouma toe die dorp aan met my 4 kinder kroos. (My dogterjie is 5, tweeling seuntjies 2 en 'n nuwe enetjie van 6 weke.) Ek moet by sê dat boeties die vorige dag hulle ente gehad het en dus lekker moeilik is.

By die winkels is ons 'n "side show" want 4 sulke klein kindertjies trek nogal baie aandag. Die "Is julle nou klaar?" vraag word menigmale herhaal en ek probeer om te glimlag deur die moegheid en nie my laaste varkie te verloor nie.

By die huis is almal moeg. Ek kry almal uiteindelik rustig op die bank met 'n sappie en 'n broodjie en tel vir Klein Boet op om hom te gaan voed. Ek is halfpad na my stoel toe, toe die twee boeties se tande begin jeuk en hulle weer mekaar in vlieg. Ek vlieg op om hulle te keer, want daar is reeds genoeg bytmerke en met die haastigheid struikel ek bo-oor 'n skopfietsie. Klein Boet vlieg uit my arms uit en ons val altwee hard op die teel vloer neer.

Daar is so 'n stilte wat oor alles kom wanneer so iets gebeur. 'n Stilte wat ek nie kan beskryf nie en toe so 'n gevoel van ongeloof. Ek hoor myself skree "NEE, NEE" maar dit voel nie soos ek wat dit sê nie. Voor ek besef is Klein Boet in my arms. Sy oë dop agtertoe om en hy is pers. Uiteindelik begin hy skreeu, maar ek weet, hierdie is ernstig. Ouma is gelukkig kalm en maak die res van die kiddies bymekaar want almal skreeu mos nou. Pappa wat gewoonlik ver werk is gelukkig 5 min van die huis af en na 'n histeriese foon oproep is ons oppad hospitaal toe.

By die hospitaal verloop alles vinnig en ons hoor hy het 2 skedelfrakture en bloeding op die brein. Ek kan nie in woorde omsit hoe dit voel om so 'n diagnose aan te hoor nie. Hierdie kleine mensie is maar net 6 weke oud. Ek voel so skuldig. Ek is sy mamma wat hom moet beskerm en daar doen ek dit! Pappa probeer sterk wees maar ek kan sien sy ogies is maar baie blink. En daar is weer stilte. Ek hoor net die geraas van die masjiene en is dankbaar vir elke beep wat wys die hartjie klop normaal.

Ek bel, ek weet nie hoekom nie, maar ek bel. Vir Oupa, vir Ouma, en my sussies. Ek wil hê iemand moet vir my sê, vir my verseker dat hy gaan okay wees, en almal huil saam. Maar so tussen sy trane deur sê my Pa "Ons bid net my kind". Seker die wysste en kalmerendste woorde wat ek nog gehoor het.

Na 5 dae se observasie in PICU word klein boet Luca ontslaan met net een fraktuur, Die ander een is reeds gesond. Die bloeding is baie minder, en volgens die neurochirurg sal hy geen skade oorhou nie.

In hierdie 5 dae het ek geleer BID. En ek het geleer om DANKBAAR te wees; Vir die min slaap; vir die bakleiery; vir die kryte wat ek nou dadelik moet gaan koop; SOMMER VIR ALLES, want dit beteken my kiddies is lewendig, hulle is okay; vir my man; vir sy onvoorwaardelike liefde. En dan vir familie wat altyd daar is om te ondersteun. Vir elke persoon wat saam met ons gebid het. En vir die wonderwerke wat ons daar in PICU beleef het. Dankbaarheid sal VAN DAAI DAG AF DIE MANIER WEES WAT EK MY DAG BEGIN EN EINDIG :-)

NS: Dit is nou 2 maande later. Klein boetie Luca is piekfyn. Hy het nog 'n effense knop op sy kop maar hy doen goed. My senuwees is nog dun, maar elke dag GAAN DIT BIETJIE BETER.

 
LOGGENBERG, Luca (I5434)
 
3 a. 1727 as soldaat op die Assenburg vanaf
Nassau-Dillenburg, superintendent v.d. Schuur v. 1730-1741,
word burger in Stellenbosch, eienaar v. Muldersvlei en Elsenburg,
diaken en heemraad 
GIEBELER, Johann Philip (I4356)
 
4 aankoms in SA as soldaat in 1719 op die boot Amstelveen vanaf
Skandinawië (dit is nog onseker of hy uit Denemarke of Noorweë kom). Aangestel as klerk
v.d. Weeskamer, word burger in 1722, boer op Klapmuts, woon 1724 aan die Paardenberg,
as burger v Drakenstein. In 1726 is hy Heemraadslid. In 1745 is hy lid v.d. Burgerraad 
GROVE, Jens Andreas (I5965)
 
5 boer “Schaapplaas”, dist. Swartland SCHREUDER, Johannes Hendrik (I4732)
 
6 DIE GESLAGSREGISTER VAN DIE FAMILIE DE CLERCQ EN DIE GESKIEDENIS VAN DIE VOORTREKKER JACOB DE CLERCQ (1791 - 1881).
(deur DEWALD STEYN van Breyten)

As 'n familiegroep, het die de Clercqs ruimskoots hulle deel as baanbrekers bygedra tot die beskawing en ontwikkeling van die Republiek se noordelike provinsies, en by uitnemendheid kom die eer toe aan die Voortrekkerstamvader Jacob de Clercq.

Op die geregsgebied het hul presteer, en in die landsbestuur het hulle spore nagelaat wat nog lank sal getuig van hul aandeel.

As vurige Landsvaders het hul kampvegters opgelewer van die beste staal, en in die stryd het hulle nie aan die spitse ontbreek nie. Die dorre doodsbeendere van Abraham Johannes en Johannes Christiaan op Hlomo Amubutho, ‘n vroeë graf van Hendrik onder die skilderagtige Blouberg, en nog baie meer rusplekke van helde , versprei oor die land wat ryklik gedrenk is met de Clercqsbloed, lewer genoegsame bewys van hulle offervaardigheid.

I.v.m. die spelling van die familienaam word daar baie afwykings aangetref in een en dieselfde farmilie. Die vader van die kinders wat"hier in Suid-Afrika geland het, word aangedui as de Klercq. Die ondste van die kinders wat ‘n taamlik ontwikkelde man was vir sy tyd, spel sy van deurgaans as de Clereq, terwyl die Moutonfamilie onder wie hy ingetroud was, hom weer beskryf as de Klerk.

Die voorgeslagte wat nie juis die voorreg van skole gehad het nie, was 'maar alte geneig om neer te skryf soos hulle dit uitgespreek het, en vandaar waarskynlik die afwyking na de Klerk.

Die Voortrekker het hom bedien van die vorm de Clercq, soos dit vandag nog deur sy afstammelinge gehandhaaf word.

Omtrent die vastiging van die familia in Suid-Afrika, word daar vermeld dat in die jaar 1687 – dus een jaar voor die landing van die Franse Hugenote - Zara Barendze Cochet, die weduwee van Pieter de Klercq, n lidmaat was van die Kaapse Kerk. Omtrent die afsterwe van haar man is daar niks bekend nie, sodat veilig aangeneem kan word dat die moeder hierheen gekom het as weduwee, met die volgende 3 kinders:- ,
1. Abraham gebore te Strasskirchen, Duitsland.
2. Jannetjie gebore te Middelburg, Holland.
3. Joost gebore te Strasskirchen, Duitsland.

Die name van die ouers, kinders en geboorteplekke, lei tot die gevolgtrekking dat alhoewe1 die vanne van die vader en die moeder suiwer Frans is, die name beslis Hollands is, en dat alhoewe1 van Franse afkoms, hulle waarskyn1ik vir 'n geslag of wat al gevestig moes gewees het in Holland of op die Hollands-Duitse grens.

Die 16de Mei 1688 is die weduwee van Pieter de Klercq hertroud met Guillame du Toit.

ABRAHAM DE CLERCQ.
Abraham de Clercq het hom gevestig oor die, Bergrivier, onder de Vleysbank en is op die 12de Mei, 1709 in die huwelik getree met Magdalena Mouton, by wie hy 10 kinders gehad het:-
1. Sara, gedoop 1710.
2. Maria, gedoop 1712.
3. Pieter, gedoop 1714.
4. Barend, gedoop 1716.
5. Abraham, gedoop 1721.
6. JACOB, gedoop 17 Okt 1723 (Grootvader van die Voortrekker).
7. Joseph, gedoop 1726.
8. Johannes, gedoop 1728.
9. Anna en
10. Cornelis, gedoop 1730.

JACOB DE CLERCQ die 6de kind, was ‘n burger van Stellenbosch en is in 1752 getroud met Anna Ellizabeth Oberholster. Hulle het 5 kinders gehad:-
1. Johannes, gedoop 1752.
2. Abraham, gedoop 1754.
3. Jacob, gedoop 25 April 1757 (vader van die Voortrekker)
4. Elizabeth, gedoop 1761.
5. Magdalena, gedoop 1764.

JACOBUS DE CLERCQ, die 3de kind, was ook nog ‘n burger van Stellenbosch, maar het later verhuis na Beaufort-Wes. Die 2de Febr. 1783 is hy getroud met Johanna Steenkamp, en op die 26ste Februarie 1797 met Johanna Cornelia Tas. Uit die eerste huwelik, met Johanna Steenkamp het hy 6 kinders gehad en uit die tweede huwelik met Johanna Cornelia Tas, 7 kinders:- .
1. Elizabeth Magdalena, gedoop 1785, getroud met Christoffel Johannes Smit,
2. Hendrina Cecilia, gedoop 1787, getroud met Cornelis Michiel du Plooy (Snr).
3. Anna Elizabeth, gedoop 1789, getroud met Barend Jacobus v.d. Merwe.
4. Johanna Catharina, gedoop 1791, getroud met Izaak Johannes v.d. Merwe.
5. JACOB, gebore 18 Des. 1791, gedoop 25 November 1792 Voortrekker en Stamvader).
6. Christina Maria Sibel1a gedoop 1794.

Tweede Huwelik:-
1. Abraham Johannes, gedoop 1798 - vermoor saam met Piet Retief.
2. Jacoba Magdalena, gedoop 1800.
3. Magdalena Johanna, gedoop 1803.
4. Maria Adriana, gedoop 1804.
5. Cornelis, gedoop 1805 – veg saam te Bloedrivier.
6. Izaak Johannes, gedoop 1808 - vermoor saam met Piet Retief.
7. Johannes Christiaan, gedoop 1811 - vermoor saam met Piet Retief.

JACOB DE CLERCQ (1791 - 1881).
Jacob, die agterkleinkind van Abraham, is gebore op die 18de Des. 1791 in Beaufort-Wes, en het die 28ste Maart 1813 op Graaff-Reinet in die huwelik getree met Anna Susanna van den Berg (gebore op die 23ste April 1793), by wie hy die volgende kinders gehad het:-

1. Elizabeth Hendrina, gebore 21 Febr. 1814.
2. Johanna Christina, gebore 2 Maart 1816 - getroud 7 Okt. 1833 met Cornelis M. du
Plooy.
3. Anna Susanna gebore 9 April 1818.
4. Dogtertjie oor1ede.
5. Jacoba Cornelia gebore 11 of 21 Jan. 1822, getroud 1840 met Barend J. v.d. Merwe.
6. Jacob, gebore 10 Febr. 1824, getroud 1 Maart 1848 met Martha Sophia Janse van
Vuuren.
7. Hendrik, gebore 19 Febr. 1826, getroud 7 Mei 1851 met Engela Adriana de Jager.
8. Aletta Sophia, gebore 5 Maart 1828, getroud met Marthinus J.D. Steyn.
9. Abraham Johannes gebore 24 Jan. l830 - 3 keer getroud (My Oupa - My Moeder se
vader. Sien lys.)
10. Seuntjie oorlede.
11. Cecilia Maria, gebore 24 Junie 1834, getroud met kommdt. Johannes Petrus Steyn.
12. Elsje Gezina Jacomina, gebore 7 Julie 1837.

1837: In 1837 het Jacob de Clercq op trek gegaan uit die distrik Beaufort (Wes) en was vergesel van sy kinders - behalwe die oudste dogter en die 3de een wat in die Kolonie agtergebly het - en sy 3 halwe broers, Abraham Johannes, Cornelis en Johannes Christiaan. Ook saam met hom was J.G. Bantjies - die latere sekretaris van genl. Andries Pretorius - wat die amp van skoolmeester uitgeoefen het.

In Julie 1837 was hul gevorder tot in die omgewing van Co1esberg, waar die Voortrekker se jongste kind, Elsie, gebore is.

Teen die latere halfte van 1837 het hulle aangekom by die ander Trekkers te Blesberg in die Vrystaat.

1838: Teen die einde van Januarie het Abraham Johannes en Johannes Christiaan, twee halwe broers van die stamvader, Piet Retief vergesel na Dingaansstat, waar hulle op die 6de Februarie vermoor is saam met Piet Retief.

Tydens die moorde van die 17de Februarie te Bloukrans, ens. was die trek van die familie aan die voet van die Drakensberg, en het sodoende die ramp vrygespring.

Gedurende die 2de Zoeloe-aanval van die 13 - 15 Aug. 1838, op Veglaer onder Gerrit Maritz, het die de Clercqs hulle ook daarin bevind en gehelp om die aanval af te slaan. Volgens oorlewering van my grootvader aan my vader, het hulle drie dae lank vuurgemaak aan die stele van die assegaaie wat in die laer gegooi was. (Brandhout was vir die laerbewoners ‘n probleem).

Aan die Bloedrivierslag van 16 Desember het deelgeneem die stamvader Jacob en sy halwe broer Cornelis.

1840: Na alle waarskynlikheid het Natal, of die toestande in Natal, die ou vader nie geval nie, want in 1840 tref ons hom en sy skoonseun, Cornelis Michiel du Plooy, aan by Skoonspruit in Wes-Transvaal, waar hy KLERKSDORP aangelê het.

1841: Onder die datum, “5 April, 1841, Skoonspruit”, het die Voortrekkerrmoeder die name van hulle kinders opgeteken in ‘n Bybel wat te sien was by ‘n agterkleinkind, mevr. Martha Smit, Carolina.

In hierdie selfde jaar het Jacob de Clercq (snr) opgetree as landros van Potchefstroom.

1842: Die 23ste Febr. 1842 het die Volksraad van Pietermaritzburg ‘n versoekskrif van Jacob de Clercq ontvang om Vrededorp" (die latere Harrismith) uit te lê.

l845: Van Klerksdorp is die Voortrekker - moontlik met sy familie - na Natal, en op die terugkeer het sy vrou, op die 23ste Maart op die Drakensberge, weer ‘n keer die name van hul kinders in ‘n Bybel geskryf, waarvan die oorspronklike in besit is van ‘n agterkleinkind, mnr. Lucas de Clercq van Rietfontein, Pk. Uitkykstasie.

1846: Op die lste Sept. 1846 i8 die Voortrekkervader gekies as Volksraadslid van Ohrigstad. Waarskynlik het hy saam met die ander Trekkers onder genl. Andries Hendrik Potgieter verhuis na die oostelike Transvaal, ingevolge raad wat Smellenkamp aan hulle verstrek het om hulle noord van die 26ste breedtegraad en nader aan die see te vestig. (Volgens die Cape of Good Hope Punishment Act, sou alle blankes suid van 25 grade S.B. strafbaar wees onder die wette van die Kaapkolonie.)

Alhoewel dit vermeld word dat hy ‘n persoonlike vriend van genl. Andries Pretorius was, het hy nogtans behoort aan die Potgieter-party, maar die outokratiese optrede van genl. Potgieter i.v.m. die Ohrigstadse moeilikhede wat hierdie verkiesing voorafgegaan het, het hom laat verander van insigte (volgens 'n verklaring van 1848), en het hy voortaan die Volksparty ondersteun.

1847: Uit ‘n brief Wat hy die 13de Junie 1847 geskryf het aan J.J. Burger, die sekretaris van die Ohrigstadse Volksraad, lei ons af dat hy destyds gevestig was aan die Steelpoortrivier. Oorlewering van oorlede tant Ellie Botha, sy jongste kind, verklaar dat hy gewoon het op De Lagersdrif, wat deeltyds aan hom behoort het.

Die ampstermyn van Volksraadslede was een jaar , en teen die helfte van Desember 1847 is hy weer herkies.

1848: Op ‘nl volksvergadering wat op die 20ste Junie te Ohrigstad gehou is, is hy gekies op die kommissie wat gelas was met die ekspedisie na Imhanbane, P.O.A.

1849: In die Transvaalse argiewe is daar ook 'n brief van genl. Andries Pretorius, geskryf vanaf "Magaleberg", gedateer 12 Febr. 1849, en gerig aan "Veldkornet Piet Nel, H. Styn (my oorgrootvader) en die Edele Heer Jac de Klerg", waarin genl. Pretorius afsluit met die volgende woorde: "Ben ik met alle hoogagting U.E. hylwenschende vriend, neef en dienaar".

Op ‘n byeenkoms wat gehou is op 19 September 1849, te Krugerspost, en waar die raadslid Jacob de Clercq ook teenwoordig was, is daar besluit om Lydenburg aan te lê

Vir die uitmeting was Tobias Smuts, vader van wy1e genl. J. Smuts, verantwoordelilk.

As eerste landdros van die nuwe dorp, het opgetree sy seun Jacob , wat hierdie amp waargeneem het tot 1858 - behalwe van Sept. 1851 tot Maart 1852, in we1ke tyd H.T.· Buhrrnann ageer het.

1854: In ‘n afskrif wat te sien is by my vader – gedateer 2~ Sept. 1854 het die egpaar ‘n aantal beeste bemaak aan hu1 dogter Aletta Sophia (my grootmoeder). Destyds was hulle woonagtig te De Lagers-drif.

1855: Na ‘n tweede grondaankoop .in 1855, van die Swasiekoning, Mswas, wat min of meer die Oostelike Hoëveld van Transvaal ingesluit het, het die ou vader wat self ook tot die koopsom bygedra het, getrek, en hom gevestig in wat vandag die Carolina-distrik is.

Volgens ‘n mededeling van wyle volsraadslid Lodewyk de Jager aan my vader, het die Voortrekker nie alleen een van die beste kuddes Afrikanerbeeste in die land gehad nie, maar was hy ook een van die eerste telers wat moeite gedoen het om die Afrikanerbees te verbeter.

Sy getroue wederhelf Anna Susanna is hom ontval op 26 Febr , 1868 en hyself het haar gcvolg op 12 Mei 1881 in die hoë ouderdom van byna 90 jaar.

Hulle al twee lê langsmekaar begrawe in die kerkhof op Welgevonden, distr. Carolina, die plaas van ‘n agterkleinkind, kol. Joachim Fourie D.T.D.,D.S.O.

‘n Gepaste granietsteen, opgerig deur 'n dankbare nageslag onder leiding van mnr. Kotie Steyn, ‘n kleinkind, en orrthul op 3 Mei 1941 deur sy enigste kleindogter, mevr , A.J. de Clercq, merk vandag die laaste aardse rusplek van die waardige stamouers.
 
DE KLERK, Pieter (I946)
 
7 DIE HERKOMS VAN DIE DE KLERKS

In sy boek French Speakers at the Cape, stel M. Boucher die vraag of die De Clercqs nog Franssprekend was toe hulle in die Kaap aangekom het.

Coertzen, Die Hugenote van Suid-Afrika, vra selfs of die broers Guillaume en Francois du Toit wat in 1686 hier aangekom het en noue verbintenis met die De Clercqs gehad het, nog werklik Hugenote was. Of was hulle maar afstammelinge van die Du Toits wat reeds in 1605 in Leiden gevestig was? Waarom die eng kwalifikasies? Om die Hugenote te beperk tot slegs diegene wat na die Herroeping van die Edik van Nantes in 1685 uit Frankryk padgegee het, sou 'n onreg laat geskied aan vlugtelinge wat lank voor die tyd reeds uit Frankryk was.

Uit die jongste navorsing blyk dit dat die De Clercqs reeds vir drie geslagte in Nederland gevestig was voordat die stamvader Abraham, in geselskap van sy ~ moeder, suster en broer in 1688 in Suid-Afrika aangekom het. Ons kan aanvaar dat hul Franse herkoms behoue gebly het. Abraham se moeder, sowel as sy grootmoeder, het Franse vanne gedra. Franse enklaves het sedert die begin van die Eeu en selfs vroeer op plekke in die omgewing van Middelburg in Zeeland en elders bestaan en die vlugtelinge se herkoms sou seker nie binne 'n geslag of meer verwater het nie.

Groter duidelikheid bestaan nou ook oor die aanloop tot die huwelik tussen die Kaapse Hugenoot Guillaume du Toit en die weduwee Sara Cochet de Clercq. 'n Lidmatelys toon dat Guillaume du Toit en sy vrou en dogter Marguerite in September 1678 hul attestate by die Waalse Kerk in Leiden ingedien het. Dit moes dieselfde Guillaume gewees het wat op 20 Desember 1684 lid geword het van die Middelburgse Gemeente. Hy was toe reeds 'n wewenaar, want daar word nie van sy vrou en dogter melding gemaak nie. By sy vertrek na Suid-Afrika in 1686 sou hy reeds verloof gewees het aan Sara, ook van Middelburg, wat horn twee jaar later volg.

Die Lidmateregister van die Kaapse Kerk vir die jare 1687 tot 1689 is slordig saamgestel, vandaar dat verskeie bronne meld dat Sara de Clercq reeds in 1687 aangekom het. Skerper ondersoek toon dat sy die jaar daarna lid geword het van die Kaapse Kerk en wel op 9 Mei 1688.

Passasierslyste van Hugenoteskepe was dikwels onvolledig, maar daar kan met stelligheid aanvaar word dat die De Clercqs op 26 April 1688 aangekom het. 'n Week nadat sy lid geword het van die Kaapse Gemeente tree sy op 16 Mei in die huwelik met Guillaume du Toit. Sy was toe ses-en-dertig jaar oud en reeds tien jaar 'n weduwee. Uit die huwelik word drie dogters gebore.

Die vermoede dat Pieter de Clercq, vader van die emigrante op see, onderweg na die Kaap oorlede is, is uiteraard sonder grond. Pieter is tien jaar voor sy kinders se aankoms in Suid-Afrika oorlede. By sy dood het hy in die straat De Wal in Middelburg gewoon waar hy in Junie 1678 in sy vier-en-veertigste jaar gesterf het.

Eiendom in die omgewing van De Wal is vandag nog in besit van 'n farnilie De Klerk. Etlike jare gelede moes rye vroee wonings hier plek maak vir 'n modeme gebouekompleks wat tans dien as hoofkantoor vir 'n groot vervoerondememing. In 'n boek oor Historiese Middelburg in beeld, onder die titel: Middelburg in Oude Aansichten, verskyn die enigsins verwytende onderskrif by 'n vroee straattoneel van 'n ry Middeleeuse skakelhuise - "Dit stadsbeeld is belangrijk gewijzigd sinds de gebroeders De Klerkhier een groot expeditie bedrijf stichtten. De linkertoren (van de R.K. Kerk) is ook uit die beeld verdwenen".

Volgens doopboeke in die Rijksarchief Zeeland het Pieter de Clercq en Sara Barendz Cochet vier kinders in Serooskerke op Walcheren gedoop. 'n Oudste seun Abraham is op 17 Mei 1670 gedoop maar is as baba oorlede, want op 11 Oktober 1671 is daar weer 'n dopeling met die naam Abraham. Hy sou die stamvader word van die De KIerks in Suid-Afrika. 'n Suster Jannetje word gedoop op 3 Mei 1676 en die jongste seun Joost op 16 Oktober 1678. Die geboortedatums van die De Clercq-kinders wat aangebied word in die onlangse publikasie, Hugenotebloed in ons Are van Du T. G. Le Roux, is dus nie juis nie.

Besonderhede oor die voorafgaande geslag De Clercqs in Nederland is ook nou ter hand. Pieter, vader van die Suid-Afrikaanse stamvader was een van vyfkinders wat uit die huwelik van Pieter de Clercq en Clasyna Cordie gebore is. Die kinders se doopdatums is die volgende: Abraham 3 April 1630; Susanna 1 April 1632; Pieter en Saertjie 4 Oktober 1634 en Janneken 21 Januarie 1637. Pieter, vader van die emigrante was dus een van 'n tweeling. Dit is opvallend dat hoewel hy Pieter gedoop is, hy later as vader by die doopinskrywings van sy kinders, sy eie naam opgee as Pieter Abraham.

Onder die vyf persone wat by die doop van Pieter en Saertjie as getuies teenwoordig was, is daar 'n Saertjie de Clercq, en interessant, 'n Anthoni wat sy van as Le Clercq opgee. Ons kan aanvaar dat hulle 'n suster en broer was van die doopvader. Daar moes ook ander broers of susters gewees het, onder andere 'n Abraham wat by 'n later doopgeleentheid as getuie verskyn.

'n Register van die Europese farnilie De Clercq lyk dus soos volg:

a ABRAHAM *Circa 1575
b1 PIETER x CLASYNA CORDI
c1 ABRAHAM *3.4.1630
c2 SUSANNA * 1.4.1632
c3 SAERTJE *2.10.1634
c4 PIERRE (PIETER) *2.10.1634 x SARA COCHET *1652
d1 ABRAHAM *7.5.1670 †1670
d2 ABRAHAM * 11.10.1671 x 12.5.1709 MADELEINE (MAGDALENA) MOUTON
d3 JANNETJE *3.5.1676
d4 JOOST * 16.10.1678
c5 JANNEKEN *21.1.1637
b2 ABRAHAM
b3 ANTHONI
b4 SAERTJE

Die De Clercqs tel onder die vroegste protestante wat uit Frankryk padgegee het. Die eerste bekombare rekords wat melding rnaak van De Clercqs op pad na Walcheren, in Nederland, is opgespoor in die gemeente-argief (Munisipaliteit) te Veere, in Zeeland. Onder die nuwe lidmate wat tussen 1570 en 1580 uit Brugge en Gent (tans Belgie) aangekom het verskyn die name van 'n Pieter en 'n Frans de Clercq.

Registerinskrywings wat voorkeur sou gee aan plaaslike voorname (Nederlands/Vlaams) vir vreemde inkomelinge is 'n verklaring waarom die De Clercqs by hul aankoms as Pieter en Frans opgeteken is. Selfs kan bespiegel word dat hulle die name al tydens hul verblyf in Vlaandere gedra het. Die voornaam Abraham wat later so sterk in die familie na vore kom dui moontlik op die vlugtelingsirnboliek van 'n Bybelse Abraham.

In ag genome die datums van die aankoms van De Clercqs in Zeeland (tussen 1570 en 1580) ontstaan die vermoede dat hulle deel was in die stroom vlugtelinge wat na Bartholomeusnag, in 1572, uit Frankryk padgegee het. Andersyds dui die voomame op 'n Belgiese verblyf wat selfs vroeer terugreik. Ons moet onthou dat die Bartholomeus-slagting maar 'n opwelling was van 'n vervolgingstryd wat toe reeds vir 'n halfeeu aan die gang was en nog vir 'n eeu sou voortduur, alvorens dit sou uitloop op die groot diaspora van Hugenote na die Herroeping van die Edik van Nantes in 1685.

Slegs enkele jare na die Luther-manifes in 1517, was die vervolging van Protestante reeds aan die gang. Weens gebrekkige gegewens sal die bewegings van vroee vlugtelinge waarskynlik ongekarteerd bly.

Ek het onlangs gestaan op die plein aan die 73 Rue de Commt't Berge in die Franse stad Meaux, Oos van Parys, waar Pierre le Clerc en Francois le Clerc op 7 Oktober 1545, slegs agt-en-twintig jaar na die Luther-manifes, saam met twaalf ander lede van die oudste protestantse gemeente in Frankryk, lewend verbrand is.

Die vraag ontstaan: Sou daar 'n skakel bestaan tussen die twee martelaars en die mense met gelykluidende name en vanne wat 'n geslag later in die Suidelike Nederlande sou aankom?

Sara De Clercq
Dat daar De Clercqs in 1688 in Suid-Afrika aangekom het was bloot te wyte aan die besluit van 'n weduwee, waarskynlik haweloos, om haar aan te sluit in 'n huwelik met 'n uiters hubare wewenaar.

Dit is insiggewend dat Sara en haar gesin die enigste De Clercq-emigrante was. Waar was Abraham se ooms en neefs? Ons weet nou dat die familie na etlike geslagte wortels in Nederland moes gehad het en daar sou bly. Bloedverwante van die Suid Afrikaanse nasate is vandag oral in Zeeland en elders in Holland gevestig. Ook elders in Europa kom die van vrylik voor sonder dat dit op bloedverwantskap dui.

Die familiewapen wat C. Pama in sy Groot Afrikaanse Fainilie-naamboek in assosiasie bring met die Suid-Afrikaanse De Klerks, het moontlik betrekking op die Wapen van die Amsterdamse farnilie De Clercq wat in 1891 'n Frans Hals-portret van 'n voorsaat, Lucas de Clercq, aan die Stad Amsterdam geskenk het. Die skildery hang tans in die Ryksmuseum.

Die Oosterlandt se oortog van Middelburg was vir die dae 'n besonder voorspoedige reis van minder as drie maande. Gelukkig vir die geskiedenis was daar 'n betroubare ooggetuie om die aankoms van die boot te beskryf. In “Second Voyage du Pere Tachard”, vertel die Jesuiete-sendeling en wetenskaplike op sy terugreis van die Verre Ooste na Frankryk van sy elfdaagse Kaapse verblyf tussen 21 April en 1 Mei 1688.

As getroue Katoliek kon Tachard sy gewese landgenote met gemengde gevoelens bejeen het. Hy kan geglo word as hy skryf dat daar 'n gevoel van kwelling en swaarmoedigheid onder die vlugtelinge geheers het, Dit na 'n reis van maande op 'n "Fluyt" aangeland op die "vlek" aan die Suidpunt van 'n swart Werelddeel. Hulle het die hand van Afrika gevat.

Sara verwerf in later jare 'n mate van bekendheid vanwee haar man Guillaume du Toit se aktiewe deelname aan die opstand teen goewerneur Willem Adriaan van der Stel. Die wyse waarop sy horn bygestaan het, is opgetekende geskiedenis.

Adam Tas beskryf in sy Dagboek die houding van die Hugenote as oor die algemeen positief, maar hy sonder Du Toit uit as 'n patriot wat ver bo die ander uitstyg. In 'n onderhoud wat Du Toit op 17 Februarie 1707 met die Goewerneur in die Kasteel voer, verklaar hy vreesloos dat hy die Klagskrif na Batavia teen die Goewerneur geteken het en dat sy gewete en meegevoel vir die gemeenskap, en nie eiegewin nie, horn daartoe gedwing het. Adam Tas skryf: "t Was te wenschen darter wat veel sulken patriorten waaren".

Ook Sara kom na vore as 'n sterk karakter. Abraham Bogaert, skeepsdokter en skrywer vertel in sy Historische Reizen, hoe Du Toit wat van die laaste opstandelinge was wat op vrye voet gebly het, uiteindelik gevange geneem is. Die nag van 2 Desember 1706 sien landdros De Meurs kans om Du Toit te verras. Hy het met veertien man die huis omsingel maar Sara wou hulIe nie binnelaat nie!

Die nag van 2 Maart 1708, net enkele dae na Du Toit se onderhoud met die Goewerneur, het die soldate sukses. Geen wonder nie: Du Toit kon nie wegkom nie. "Sy senuwees was kapot van gedurig op ..~vive te moet wees, en rond en bont te vlug". Die nag omsingel De Meurs en ses gewapende manne weer die huis. Die keer laat hy horn nie terughou deur geslote deure nie. Hulle stamp twee deure stukkend. Toe "tegen met all man aan't zoeken, vloeken, dreigen en scheiden". Hulle knyp Sara se arms "bond en blaauw" en skel haar uit voor "een ou donderhex" .

Du Toit moes siek uit die bed opstaan en hulle na die Kaap vergesel en "gevange geset binnen 't kasteel op die punt Orange". Hier is Du Toit sonder verhoor vir 'n maand en dertien dae in eensame afsondering opgesluit.

Verbanning na Mauritius volg wat gelukkig vir Du Toit kortgeknip word deur die verbanning van die Goewerneur en sy vertrek na Europa.

Sara en Guillaume het tot laasgenoemde se dood in 1710 op die plaas Aan't Pad (Cloetesdal) net buite Stellenbosch gewoon. Hierna het sy na Stellenbosch verhuis waar sy op die Erf in Bo-Dorpstraat gewoon het. Die huis Eendrag is later op die perseel gebou.

Sara is in 1714 oorlede en lê in aIle waarskynlikheid begrawe in die Hugenote-begraafplaas op Babylons Toren, tussen Simondium en Klapmuts.

Joost De Clercq
Van Joost, die jongste van Sara se De Clercq-kinders is weinig bekend. Hy het as weeskind in die wereld gekom, want sy vader is vier maande voor sy geboorte in Oktober 1678 oorlede. Hy was nege jaar toe hy bier aangekom het en seker sy moeder se Benjamin. Hy was die enigste van die De Clercq-kinders wat uit haar boedel geerf het - die plaas "Onder de Vleysbank gelegen over de Bergrivier" . Joost is op 11 Oktober 1711 met Jacoba Campher getroud. Hul enigste kind, Barend het geen afstammelinge gehad nie. Volgens 'n voetnoot in die Resolusies van die Politieke Raad; Argiefstuk No.6 is Joost in 1723 oorlede.

Jannetje De Clercq
In teenstelling met haar jonger broer sou drama in Jannetje se lewe nie ontbreek nie. Daar was haar huwelik op agtienjarige ouderdom in 1691 met die wewenaar Andre Gauche en die eienaardige wyse waarop hy vroeg in 1698 aan sy einde gekom het. Vier kinders is uit die huwelik gebore. Sy is gevolglik 'n stammoeder van die Familie Gouws.

Jannetje se huwelik met die onverlate Pieter Becker die jaar daarop, en sy stormagtige gedrag in die jare wat volg, sou voorbladnuus gewees het as daar destyds 'n sensasiepers was. Na Becker se verbanning na Europa in 1710, boer Jannetje op haar eie. Weidingsregte in die omgewing van Roode Zant word op 12 Desember 1710 aan haar toegeken en by verskeie geleenthede daarna. Die laaste toekenning is op 8 Februarie 1731, en verwys na Straatskerke in de Roode Zant KIoof. Grond onder die naam is vandag gelee digby die ingang tot die Tulbagh-kloof Die naam het bes moontlik betrekking op Jannetje se geboorteplek in Zeeland.

Volgens De Villiers/Pama is daar ses kinders uit die huwelik gebore. Daar kan bespiegel word oor die volgende registrasie, gedateer 30 September 1714, wat in die Drakensteinse doopboek verskyn: Johanna dogter van Jannetje de Clercq, getroude vrouw sonder egte vader van het kind. Getuigen Jacob Moeton. Sy was toe agt-endertig jaar oud.

Abraham De Clercq
Van Abraham weet ons min, behalwe dat die nuwe wereld horn nie met aardse besittings beloon het nie. In 1734, en reeds drie-en-sestig jaar oud, maak sy sukkelbestaan so 'n indruk op 'n Goewemeur, dat die leenplaas waarop hy horn bevind, terstond aan horn toegeken word .

.Die grondbrief wat hier betrekking het - die oorspronklike is in die Hugenote-Museum, Franschhoek – is interessant in die sin dat dit van die gewone afwyk en sekere geskiedkundige feite verskaf.

In die dokument is opgeteken dat die toenmalige Goewerneur, Jan de la Fontaine, op 'n inspeksiereis onderweg na Mosselbaai, Abraham de Clercq in die omgewing van Roodezand-Kloof aangetref het en so aangegryp was deur die man se "armoede en die swaare familie waar mede desen man belaaden is", dat hy die plaas Vogelvallij (waar die Voelvleidam vandag is) daar en dan aan horn toegeken het. Die brief is gedateer 7 September 1734.

Die jare wat die gebeure voorafgaan vertel nie veel van Abraham nie. Toe hy in 1688 in diens van die V.O.C. hier aangekom het was hy skaars sestien jaar oud. In G.M. Theal se History of South Africa (Band No.3) verskyn Abraham se naam in 'n lys van inwoners wat hulle in 1691 in Stellenbosch bevind. Hy word beskryf as "a Youth". Hy moes dus kort na sy aankoms die Kompanjie se diens verlaat het, waarskynlik om sy stiefvader in die boerdery te help. In die monsterrolle verskyn sy naam twee keer voor 1700 onder die burgers van Stellenbosch.

Hierna raak sy spoor weg, maar waarskynlik was hy steeds by sy stiefvader tot die se oorlye in 1710. Hierna moes hy na die limiete van die destydse blanke besetting uitgewyk het want na 1713 verskyn sy naam gereeld (Oude Wildtschuttboek) as aansoeker om weidingsregte vir sy vee in die omgewing van Vogelvallei.

Die boere digby die Kaap en in die omgewing van Drakenstein, Stellenbosch en Hottentots Holland kon destyds 'n leefbare bestaan uit die landbou maak. Die welvarendes het selfs ook nog veeposte verder in die binneland gehad vir winterweiding. So het Guillaume du Toit benewens sy twee plase by Stellenbosch, ook 'n veepos Sonquas Deurdrift, oos van die huidige Riebeeck-Wes besit, waarna hy by geleentheid verwys het as "daardie droe plaas anderkant die Bergrivier".

Dat Abraham van slegs 'n veepos afhanklik was vir 'n bestaan is 'n verklaring vir die nood waarin die Goewerneur horn later sou aantref. Hy het as minderjarige in die Kaap aangekom, het nooit enige hulp uit die Bataafse Fonds gekry nie, en hy was skynbaar ook nooit by toe lakens uitgedeel is nie.

Maar dit was 'n ironiese toeval van die geskiedenis wat bygedra het tot die onbehaaglikheid waarin hy in l734 aangetref is. As dit nie was vir 'n gekonkel in hoe kringe, ses-en-dertig jaar vroeer nie, sou die lewe vir Abraham en die lotgevalle van sy nakomelinge dalk heel anders verloop het.

Een van die min spore wat Abraham nagelaat het, gaan terug in die jaar 1698 en is opgeteken in die Contra Deductie, die dokument wat in 1712 in Amsterdam gepubliseer, en opgestel deur Adam Tas en Jacob van der Heiden in antwoord op Goewerneur Adriaan van der Stel se verweerstuk De Korte Deductie.

Om die Goewerneur se ontkennings verder te ontluister bevat die Contra Deductie etlike aanhangsels in die vorm van beedigde verklarings ter versterking van die vryburgers se saak. Onder die verklarings is daar die van Abraham de Clercq wat toon dat hebsug en opportunisme in hoe kringe geen ongewone verskynsel in die vroee Kaapse geskiedenis was nie.

In die verklaring wat Abraham onder eed op 23 Maart 1711 aflê voor Darnel Thibault, Sekretaris van die Raad van Justisie, ontplooi die volgende verhaal: In die jaar 1698 het dit onder Guillaume du Toit, toe 'n heemraad van Stellenbosch se aandag gekom dat 'n stuk grond geleë aan die Eerste Rivier, bekombaar was vir 'n geskikte vryburger. Dit was destyds Ds. Petrus Kalden, predikant in die Kaap se taak om vier keer per jaar die Sakramente op Stellenbosch te bedien. As ouderling op Stellenbosch het Du Toit uiteraard op goeie voet met Kalden verkeer. Kalden, op sy beurt was 'n goeie vriend en vertroueling van Goewemeur Simon van der Stel. Ter goeie trou het Du Toit tydens een van Kalden se besoeke aan Stellenbosch, laasgenoemde genader met die volgende versoek: Gesien Kalden se vriendskap met die Goewemeur sou hy nie asseblief 'n goeie woord by laasgenoemde doen om die genoemde stuk grond te bekom vir Du Toit se stiefseun De Clercq wat "tot zyn mannelyken jaaren gekom was" en sonder heenkome was. Kalden het so beloof.

Tydens Kalden se volgende besoek aan Stellenbosch moes hulle met skok vemeem dat hy wat Kalden is, deur bemiddeling van die Goewemeur die plaas Zandvliet (digby die huidige Meerlust) vir homself in eiendom verkry het, en dat De Clercq maar "na een ander stuks lands konde omsien".

Op Zandvliet sou Kalden in die jare wat volg een van die omvangrykste boerderye in die destydse nedersetting bedryf. Adam Tas verwys na horn as "de geveinsde paap Kalden - mede een van de grootste land bouwers wat gansch geen werk van de godtdienst maakte". Toe Kalden in April 1707, soos ook W.A. van der Stel, uit sy amp onthef is en terug is na Nederland, kon hy Zandvliet vir die koninklike bedrag van 20500 Kaapse guide verkoop. Kalden het sy rykdom met horn saamgeneem en in Suid-Afrika 'n monument nagelaat. Die Groote Kerk in Kaapstad is onder sy leiding gebou. Op 6 Januarie 1704 het hy persoonlik die inwyding van die Kerk waargeneem.

Abraham de Clercq is op 12 Mei 1709 met die Hugenotemeisie Madeleine Mouton getroud. Uit die huwelik is sewe seuns en drie dogters gebore wat sou sorg vir 'n stewige nageslag. Aan die hand van 'n voetnoot wat verskyn in die Resolusies van die Politieke Raad No.8, is Abraham ongeveer teen die einde van 1745 oorlede en
sy weduwee in 1779.

Eben De Klerk
Familia 1989







 
DE KLERK, Abraham (I952)
 
8 Divorced 23.8.2019 DE JAGER, Sanet (I1245)
 
9 for everything there is a season
and a time for any matter under heaven
 
a time to be born and a time to die
a time to plant and a time to uproot
a time to kill and a time to heal
a time to tear down and a time to build
a time to weep and a time to laugh
a time to mourn and a time to dance
a time to scatter stones and a time to gather them
a time to embrace and a time to refrain
a time to search and a time to give up
a time to keep and a time to throw away
a time to tear and a time to mend
a time to be silent and a time to speak
a time to love and a time to hate
a time for war and a time for peace
 
                            ecclesiastes 3: 1 - 9
 
 
Herfs - Gert du Preez
 
die sipresse begin hulle winterlyf vertoon
naak, weerloos soos die blare begin vergeel, afval
kaal teen die koue en die wind
eens groen wuiwende grasvelde vervaal verskroei verbrand
droe blare verwaai in die wind
son skyn al flouer, dae raak korter
voels versamel op die telefoon lyne
konsulteer oor hulle migrasie proses
weemoedig??
 
tog nie
 
dis n tweede lente waar elke blaar getransformeer word in die mooiste blom
helder teksture van bruin suiker en cinnamon
n karnival van kleure
waar alles oopbars met die laaste skoonheid
asof die natuur dit gespaar het
vir die grand finale
die jaar se mooiste glimlag
 
voor die winter kom…
 
dankbaar dat ek kan lewe
in n wereld
waar daar maarts is
 
 
Winter - Gert du Preez
 
ek struikel deur n mistige woud
dan word die mistigheid ysreen
voel of dit dwarsdeur my hart val
dit verkrummel
want niks brand soos koue nie
kouevuur
 
tog die winter is n tyd vir trooskos
vir warmte, vir gesprek langs die kaggelvuur
vir samesyn
vir rooiwyn
vir liefde
 
buite maak die sneeu
liefde met die landskap
kus en streel dit so sagkens
bedek dit met n wit lappieskombers
en fluister
gaan slaap my geliefde
tot die somer opdaag …..
 
meteens verstaan ek
 
as daar nie winters was nie
sou die lente nie so welkom wees nie
want winter bied nektar vir die lente
gee dit n onbevange soetgeit
 
wintervriende is lewensvriende
blywende vriende
deur dik en dun
for better or for worse
anders as somer vriende.....
 
iemand se in my oor
moenie n boom afkap in die winter nie
moenie belangerike besluite neem
as jou gemoed donker is nie
wag
wees geduldig
die storm sal verby gaan
lente is om die draai
 
ek draai my gesig  na die laaste sonlig
en fluister aan die onsienlike
kyk…. die einde van die winterkoue is in sig
 
 
Lente - Gert du Preez
 
o die malsheid van lente…
jys uiteindelik hier
niks kon jou keer
winter het geen houvas op jou nie
jy mis nooit jou beurt nie
 
ek wil nie langer binne bly nie
wil uitgaan
jou maagdelike skoonheid ervaar
drink uit jou fonteine
jou helder bergstrome
die wilde blomme ruik
 
alles toon lewe
asof wedergebore
 
die belofte van reen hang reeds in die lug…
 
kyk selfs die swaeltjies is terug
my long lost friends
hulle sit weer op die telefoon lyne
nie om migrasie planne te bespreek nie
hulle is hier vir die hele seisoen
om saam fees te vier
dis asof god lente gee
om hoop te skep
dit omvou die siel en sleur dit mee
lente is die natuur se manier
om te se sprei jou vlerke…
 
jammer oor wat gese is
toe dit nog winter was
toe die koue nog my hart beklem het
 
ek wil met my geliefde doen
wat lente met perskebome doen
jou laat blom in die laatsomer van jou lewe
 
voor herfs en winter finaal opdaag….
 
 
Somer – Gert du Preez
 
somer is skielik hier
uit die bloute
hemels
 
dit omsingel my omhels my
omvou my koester my
soos n warm kombers
dit laat my uitstyg bo die storms
ek mag dalk net die sonskyn ervaar
draai my gesig na die son
die skaduus raak minder
die dae langer
nagte warmer
 
ek het geval vir jou
in die somer
vir jou my lieflike sonskyn pop
wou die seisoene met jou deel
met jou my lieflike sonskyn pop
maar ek het warmte ontbreek
my lieflike sonskyn pop
 
ons se goed in die somer
wat verwaai in die winter
wat nie stand hou nie
wat nie die seisoene kan trotseer nie
wat verbrokkel
verdamp
 
maar om n nuwe tuin te plant
in die somer
is om te glo in more
te hoop op more…
 
die somer is geduldig
die somer is vriendelik
nie afgunstig
of verwaand nie
 
die somer bedek alles
glo alles
hoop alles
verdra alles
 
en nou:
herfs, winter,
lente en somer bly
 
maar die allerbeste
is die somer…

 
DU PREEZ, Gert Johannes (I4824)
 
10 gebore na sy vader se dood, jonk oorlede KOTZÉ, Roelof (I6011)
 
11 He was baptised as Johannes Frederick Petrus Mundey MUNDEY, Johannes Hendrik Petrus (I55)
 
12 heemraadslid v. Drakenstein GROVE, Stephanus (I5960)
 
13 Her biological father is Finck, but she grew up as Lennox LENNOX, Rosie Jessie Magdalene (I39)
 
14 Hierdie is die David Van Lill wat vir Anna Mundey dogter van Beatrix Basson en James Mundey aangeneem het. VAN LILL, David Johannes (I5455)
 
15 James Mundey at the age of 28 got married to the 17 year old Huibrecht Martha Maria Muller on 14 April 1856 in Ceres Dutch Reformed Church. She died on 15 November 1858 aged 19 years. She was the daughter of Johannes Muller and Anna Visser. Consent for the marriage was given by her gardians Jacob Swanepoel and Huibrecht Maria Visser.
 
MULLER, Huibrecht Martha Maria (I1897)
 
16 jonk oorlede KOTZÉ, Jacob (I6004)
 
17 jonk oorlede KOTZÉ, Jan (I6007)
 
18 jonk oorlede KOTZÉ, Belia (I6073)
 
19 Legend has it that my Great grand parents, Johannes Hendrik (Jan) Kotze and Johannes Hendrik (Hans) Schreuder were related, some claim that they were cousins. I can't make a deduction like that from the information contained in the family tree given to me. So it's either false or the research was done inconclusively. But be it as it may, when Jurie Kotze married Glaudina Schreuder they were in fact cousins (My grandparents). Grandma Glaudina had these light blue/grey eyes, a trait that surfaced in later generations, sometimes to a lesser degree but still evident in beautiful blue/green eyes. My one grandson has this brown/green/blue speckled eyes that sometimes look greenish and sometimes bluish. Great grand father Schreuder was so adamant that he should be named that when he heard there's another grandson, he travelled by horse and carriage all the way from Griquatown to Kakamas to make sure that when the child was christened, he will carry his name, that is why I have two uncles with the same name. John Kotze SCHREUDER, Johannes Hendrik (I2268)
 
20 Legend has it that my Great grand parents, Johannes Hendrik (Jan) Kotze and Johannes Hendrik (Hans) Schreuder were related, some claim that they were cousins. I can't make a deduction like that from the information contained in the family tree given to me. So it's either false or the research was done inconclusively. But be it as it may, when Jurie Kotze married Glaudina Schreuder they were in fact cousins (My grandparents). Grandma Glaudina had these light blue/grey eyes, a trait that surfaced in later generations, sometimes to a lesser degree but still evident in beautiful blue/green eyes. My one grandson has this brown/green/blue speckled eyes that sometimes look greenish and sometimes bluish. Great grand father Schreuder was so adamant that he should be named that when he heard there's another grandson, he travelled by horse and carriage all the way from Griquatown to Kakamas to make sure that when the child was christened, he will carry his name, that is why I have two uncles with the same name. John Kotze KOTZÉ, Johannes Hendrik (I3392)
 
21 Neels Roos het haar wettiglik aangeneem.
 
ROOS, Daleen (I5414)
 
22 never married
 
KOTZÉ, Jan Jurie (I2388)
 
23 remarried 4 January 1961 in Wynberg PROBYN, Ruth (I5581)
 
24 SCAIFE
Meaning: Crooked, awry, wild.
William, fr. Yorkshire. Arr. 1815. M. Cape Town 23.7.1815 Regina W. Kooleman,
2 c.

Scaife, William (British Residents)
Surname: Scaife, Firstnames: William, Notes: 19.6.15 PR 736, securities G
Buyskes / P Auret (79). 23.7.15 mar. (Reform) of W S from Yorkshire, and
Regina Wilhelmina Kooleman (148/25). 3.9.15 bapt. (Reform) of their son
George Franciscus, who died 28.9.15, aged 3 months (25). 1.4.16 boat licence
(97). 20.4.17 bapt. (Reform) of their daughter Elisabeth Willemina, born
31.12.16, witnesses: Matthew & Elisabeth Scaife (146/25). 24.7.19 W S in
command of Chas. Hughes’ boat in Simons Bay. 21.8.19 W S sentenced to 12
months imprisonment for carrying tea in Hughes’ boat & landing it illegally at
Kalk Bay (25). The name is sometimes spelt Schaipe, Scharpe, or Scaite.,
Source: British Residents at the Cape: 1795-1819. Author: Peter Philip 1981.
ISBN 0 908396 46 5. Printed by the Citadel Press, Polaris Road, Lansdowne,
Cape Province, South Africa

Scaife, Matthew (British Residents)
Surname: Scaife, Firstnames: Matthew, Notes: 20.4.17 Matthew & Elisabeth
Scaife (husband & wife?) were witnesses at baptism of William’s daughter (see
above)., Source: British Residents at the Cape: 1795-1819. Author: Peter Philip
1981. ISBN 0 908396 46 5. Printed by the Citadel Press, Polaris Road,
Lansdowne, Cape Province, South Africa
 
SCAIFE, William (I186)
 
25 Sien gedigte wat Oom Chris geskryf het onder fotos DE KLERK, Christiaan (I227)
 
26 Stamvader Johann KOTZE afkomstig van Königstein, Sakse *25 Januarie 1652 kom op 13 Mei 1691 in die Kaap aan. Hy vertrek egter op 13 Maart 1698 weer terug na Europa net om op 6 Mei 1701 weer terug te wees in Suid-Afrika. x Duitsland 1677 Catharina HENNEKA xx Anna WICHMANN xxx Nederland 1 Januarie 1690 Hillegonda BOONE *23 November 1662 + 22 Augustus 1702 - dogter van ds. Dirk BOONE en Belletje VAN GAALEN xxxx 6 Januarie 1704 Hendrina VAN HOETING afkomstig uit Nederland. In 1692 word daar verkaar dat Kotze se omstandighede so was dat hy nie sy eie familie kon onderhou nie en hy was toe op alimentasie geplaas.
b1 Christiaan, X Kaapstad 1 Des 1697 Judith Kling
b2 Dirk KOTZE * 18 Augustus 1692 ~ 28 Augustus 1692 + 14 September 1768 x 13 Januarie 1726 Maria Magdalena CARSTENS +8 November 1755.
b3 Jan gedoop 6 Sep 1705
b4 Jacob gedoop 19 Sep 1706
b5 Hendrik gedoop c 1708, X Kaapstad 4 Maart 1736 Helena Valentynse
b6 Jan gedoop 1 Feb 1711
b7 Maria gedoop 1 Feb 1711, X Paarl 31 Okt 1728 Jacobus van der Mist, XX Paarl 29 Des 1741 Johann Schammelpfenning
b8 Roelof gedoop 11 Des 1712 
KOTZÉ, Johann (I4155)
 
27 This interesting and unusual surname recorded in the spellings of Monday, Mundey, Mundy, and Mundie, has at least four possible sources!

The first is Norse and an introduction into "Viking" regions of mainly England in the 9th century a.d. It translates loosely as "protector", and often formed part of a compound name.

Secondly, the surname may be of Anglo-Saxon origin, and a nickname for someone who had some particular association with Monday. This was normally because he owed feudal service on that day of the week, but it may be because the recipient was born on a Monday, and this was considered to be a lucky omen.

Thirdly, the surname may be of Irish origin, and an anglicization of the Gaelic "MacGiollaEoin", translating as the " son of the servant of Eoin". This came about by the confusion of the last part of the name with the Irish "Luain", which means Monday.

Finally the name can be Scottish and locational. In this case the derivation is from the "Lands of Munday", near Aberdagie, in Aberdeenshire.

Amongst the very earliest of all the recordings of the surname are Simon Moneday in the Hundred Rolls of Huntingdon for the year 1273, Thomas Mundi, in the rolls of the Ramsey Abbey in 1291, whilst John Mundy is listed in the 1327 Subsidy Rolls of Suffolk. One of the earliest settlers in the New World was Elizabeth Mundy, who is recorded as owning seventy-five acres of land in the Barbadoes on December 20th 1679.

The first recorded spelling of the family name is shown to be that of Richard Mundi, which was dated 1239, in the "Chartulary of Ramsey Abbey", Norfolk, during the reign of King Henry 111, known as "The Frenchman", 1216 - 1272.

Surnames became necessary when governments introduced personal taxation. In England this was known as Poll Tax. Throughout the centuries, surnames in every country have continued to "develop" often leading to astonishing variants of the original spelling.

© Copyright: Name Origin Research www.surnamedb.com 1980 - 2014
 
MUNDEY (I5478)
 
28 This is the son of Jacob Frans De Klerk and Joline Ellis. Her second husband Hermanus Grobler adopted him. GROBLER, Jacob Frans (I311)
 
29 Toe Teresa klein was her sy siek geword en asgevolg van hoe koors was haar brein aangetas. Sy is in n spesiale plek in Potch ROOS, Theresa (I631)
 
30 v. Haarlem a. 1785 KOELEMAN, Thomas (I4719)
 
31 vroeg oorlede KOTZÉ, Jan (I6003)
 
32 Was gebore Hanekom maar is deur sy stiefpa aangeneem.
 
(HANEKOM) DAVIDSON, Joshua Eragon Jemard (I4052)